Posted by: madamm | May 5, 2007

Die Wees

Vandag is Afrikaansdag. Dalk het dit te doen met die laaste uitgawe van Insig wat ek hier sit en lees, of dalk nie. Dalk het dit te doen met Kurt Schoonraad se Spiders&Mayonnaise verhoogstuk wat ek gisteraand met vriende gaan kyk het.Maar vandag skryf ek in Afrikaans. Die pragtaal waarin ek leef. Ek twyfel sterk oor die moontlikheid dat my Ingelsprekende man ooit hierdie blog lees, maar as hy vra, sal ek dit vir hom met liefde vertaal.

Want vandag wil ek in Afrikaans praat. Soos ek gisteraand sit en lag, het ek weereens gewonder oor dit wat ek vandag as Suid-Afrikaner ervaar. Schoonraad sou toe later persoonlik by ons tafel kom sit en verduidelik dat die dinge wat hy kwytraak eintlik maar net ‘n weerspieeling van die Suid-Afrikaanse samelewing is. Soos die lagtrane by my wange afgerol het, het ek al knikkend met die gelag geweet dit is waar. Die 15 Desember kis bier Monwabisi toe. Die vet antie met die borrel-panty, die taxi gat’jie…alles. En ek weet ek gaan dit mis.

Ek het myself verbaas deur in te stem om Leeukop more te gaan klim. Ek het dit nog nooit gedoen nie, maar ek wil. En ek wil nog langs die see gaan stap.Alleen. Ek ek wil weer Wellington toe gaan. In die winter, daar waar ek kleibolletjies bymekaar kan maak langs die tennisbaan. En ek gaan my hare weer by Genievieve laat doen. Want ek het haar bitter lanklaas gesien. Ek wil gaan omdat ek darem vandag verstaan hoekom sy nie boobs het nie en met ‘n growwe stem praat. En selfs sonder boobs het sy destyds vertel hoe gelukkig sy en haar outjie is.
En ek wil by my pa se familie, die La-susters gaan kerrie proe. Ons kan weer praat oor Troubles, die hond wathomself soos ‘n gimnas op die sementstene gebalanseer het. Ons kan gaan kyk of die towenaar nog daar in Van Wyksvlei bly. Die selle een wat altyd George toe gevlieg het op sy besem.

En wanneer die ou met die BMW my weer in die verkeer afsny, gaan ek vriendelik vir hom waai. En ek gaan met liefde plek maak vir die Hiace wat weer voor my wil infok. En daar waar ek my laaste dans gedans het, sal ek weer my passies optel en my pompom weggooi en dans tot Beanie-hulle vir my skaamkry. En ek wil dit alles met ‘n smile op my gevriet doen. Nie omdat dit my kwaad of hartseer gaan maak nie. Maar omdat ek dit vir myself doen.

Ek wil dit weer ervaar voordat ek totsiens se. Die kullid Suid-Afrikaans wees. Die wees. Die taal praat soes hy gepraat word. Ek het klaar baie tasse en bokse wat hier rondstaan. Klompie goed wat ek saam met my moet neem. Maar ek kan nie die belangrikste goed vergeet nie. Die goed wat saak maak. Alles hier in ‘n blink boks in my geheue.

Advertisements

Responses

  1. Jammer dis die tweede laaste uitgawe van Insig wat ek gelees het.

  2. Q: If a plane crashed on the Canada/USA border, where would the survivors be buried?A: You don’t bury survivors.

    nike air max jordan shoes

    Your mum is so fat when she went on the scale it said, “To be continued…”


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: